Soek of adverteer na enige iets onder die son in Afrikaans! Karre, huise, implemente, produkte, geselskap, liefde, werk en nog vele meer!

Senior Rekenmeester » Finansieel » Werk - Aangebied » Soek » soeknet.co.za

Senior Rekenmeester Senior Rekenmeester  
Deel jou advertensie nou op ander sosiale netwerke. 

Senior Rekenmeester

R250 000.00
Foto 1: Senior Rekenmeester

Die ideale kandidaat sal 'n ervare Senior Rekenmeester wees wat die algemene rekeningkundige prosesse van die finansiële transaksies van die Maatskappy se kliënte verstaan, kan uitvoer en bestuur, insluitend interaksie met 'n portefeulje van kliënte individueel (vergaderings), elektronies en/of telefonies. Afhangende van vordering, bestaan die moontlikheid om in die nabye toekoms na bestuursvlak te vorder.

 

Verantwoordelikhede

• Verifieer, allokeer, posteer en rekonsilieer rekeninge.

• Analiseer finansiële inligting en stel 'n opsomming van die finansiële posisie op.

• Bestuur rekeningkundige assistente sowel as leerlingrekenmeesters.

• Hulp met belastingoudits en -opgawes.

• Beplanning, toewysing en hersiening van ondergeskiktes se werk.

• Ondersteun en bestuur die maand- en jaareindafsluitingsproses.

• Verseker nakoming van IFRS deur KMOs.

 

Kwalifikasies

• Baccalaureusgraad in rekeningkunde of finansies.

• 5-10 jaar ondervinding in rekeningkunde/finansies.

• Bewese ondervinding as Finansiële Kontroleur, Rekeningkundige Toesighouer, Hoof of Senior Rekenmeester.

• Sperdatum-gedrewe en begrip vir uitstekende verhoudings met kliënte.

• Gevorderde kennis van rekeningkundige sagtewarepakkette, soos SageOne en Sage Pastel.

• Gevorderde MS Excel-vaardighede insluitend Vlookup's en spilpunttabelle ("Pivot tables").

• Deeglike kennis van rekeningkundige prosedures en die maand-/jaareindsluitingsproses.

• Ondervinding in die hantering van die SAID en belastingverwante sake.

• Voorkeur sal gegee word aan kandidate met relevante sertifisering (bv. CIMA of CPA of AGA).

• Bereid om oortyd te werk om te verseker dat projekte betyds afgehandel word.

Vorige2 van 20Volgende
Adverteer nou GRATIS in Finansieel

Kliek hier en Adverteer nou GRATIS in Finansieel.

Kontak S en p via e-pos
Geadverteer deur: S en p.
'n soeknet lid sedert 2020-11-16.
Alle advertensies deur S en p.
Wolmaransstad - Noordwes

695 besigtigings.
Geadverteer op 2021-12-21 10:29:25.
WhatsApp Iemand.
 Soek Advertensie
Bederf daai spesiale een.